GRATIS Temperament Toets vir jou Huwelik
Ontdek of jy 'n 
Lake, Ocean, Fountain of Snow...
is... en wat dit vir jou huwelik beteken!
Regoor die Wêreld ken baie paartjies hul liefdestale ("love languages") en is hul nou besig om hul "superpowers" te ontdek! Vind uit waaroor die bohaai nou eintlik gaan!

Sjoe, waarvan op aarde praat ons nou?? Ons praat van LOFS, die Temperament Toets vir paartjies wat alreeds deur paartjies die hele Wêreld deur gedoen is! LOFS staan vir Lake... Ocean.... Fountain.... Snow.

Voor ons jou help om JOU temperament te bepaal, kom ons kyk gou eers na 'n paar feite oor temperamente:
Wat is jou temperament?
Jou temperament is die regte jy! Jou persoonlikheid is soos 'n rokkie wat jy aantrek oor jou temperament. Jou temperament word oorgeërf en beinvloed deur 6 mense - jou ouers en jou 4 grootouers. Hierdie temperament is die oorspronklike (egte) weergawe van jouself, voor jy opgevoed, geleer en verander is deur sekere gebeurtenisse in jou lewe. Soos ons gewoontes vorm en gedragspatrone aanleer, ontwikkel ons ons karakter en die "gesiggie" wat ons vir die wêreld wys.
 
Deur jou temperament te bepaal en te verstaan gaan jy nie net bemagtig voel nie, maar ook vry! Jy gaan uiteindelik verstaan dat dit is hoe jy geskape is. Jy kan nou ophou met die "vergelyking-speletjie" - Jy is nie en moet ook nie soos enige ander persoon wees nie! Niemand is perfek nie! Selfs die persone in jou lewe, wat volgens jou "beter" is as jy, het ook hul eie temperament tipes, wat beteken hulle het almal beslis sterk punte, maar swak punte ook!

Daar is geen perfekte mense nie en daar is geen perfekte paartjies nie.
By Marriage Capsule het ons die LOFS Temperament Toets ontwikkel. Die toets is gebaseer op die vier temperamente wat deur Hippocrates ontdek is, en deur die jare al baie verskillend aangebied is. Kleure, bome, diere… LOFS gebruik verskillende watervorme om temperament-tipes te identifiseer. Hoekom water? Water is die belangrikste bron van lewe en daarsonder sal ons sterf. Dit is ook ‘n simbool vir die Heilige Gees. Water gee lewe, solank dit nie stagnant raak nie.
  
Die toets is uniek omdat dit ‘n temperament toets vir paartjies is waar elk hul hoof- en tweede temperament, asook hul unieke kominasie bv LakeOcean sal ontdek. LOFS word deur honderde paartjies gebruik om sin te maak van hul unieke verhouding.

Sodra ons verhoudings stagnant raak en ophou groei, kom ons huwelike in gevaar...

Soos jy aan die eienskappe van die verskillende water vorme dink, behoort jy al min of meer 'n idee te kry van sekere karaktereienskappe wat aan elke temperament gekoppel is.
So, is jy 'n Lake, Ocean, Fountain of Snow?
Die volledige toets in die LOFS Temperament Toets bestaan uit 48 vrae wat op 'n wetenskaplike manier presies sal uiteensit wat jou en jou maat se primêre, sekondêre en kombinasie temperamente is, presies hoe sterk elke temperament is, wat dit vir jul huwelik beteken, en belangrikste van alles, hoe om jou nuutgevonde kennis te hanteer....
Maar kom ons begin sommer net hier, met 'n GRATIS
(verkorte en vereenvoudigde) weergawe van LOFS: